Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 3:10-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Toe het die Here gekom en gaan staan en geroep soos die vorige kere: Samuel, Samuel! En Samuel het geantwoord: Spreek, want u kneg hoor.

11. Toe het die Here aan Samuel gesê: Kyk, Ek gaan ’n ding doen in Israel waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit.

12. Dié dag sal Ek aan Eli vervul alles wat Ek oor sy huis gespreek het, van begin tot end.

13. En Ek sal hom te kenne gee dat Ek sy huis gaan oordeel tot in ewigheid oor die ongeregtigheid wat hy geweet het; want toe sy seuns skande oor hulleself gebring het, het hy hulle nie streng bestraf nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 3