Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 28:5-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Toe Saul die leër van die Filistyne sien, het hy bevrees geword, en sy hart het baie gebewe.

6. En Saul het die Here geraadpleeg, maar die Here het hom nie geantwoord nie — nie deur drome en nie deur die Urim en nie deur die profete nie.

7. En Saul sê aan sy dienaars: Soek julle vir my ’n vrou wat ’n dodebesweerster is, dat ek na haar kan gaan en haar raadpleeg. En sy dienaars sê vir hom: Daar is ’n vrou, ’n dodebesweerster, in En-Dor.

8. Daarop het Saul hom onkenbaar gemaak en ander klere aangetrek en weggegaan, hy en twee manne saam met hom. En toe hulle in die nag by die vrou aankom, sê hy: Voorspel tog vir my deur die gees van ’n afgestorwene en laat vir my opkom die een wat ek jou sal noem.

9. Maar die vrou sê vir hom: Jy weet tog self wat Saul gedoen het; hoe hy die dodebesweerders en waarsêers uit die land uitgeroei het. Waarom stel jy dan ’n val vir my op om my dood te maak?

10. Toe sweer Saul vir haar by die Here en sê: So waar as die Here leef, geen straf sal jou ter wille hiervan tref nie!

11. En die vrou vra: Wie moet ek vir jou laat opkom? En hy sê: Laat Samuel vir my opkom.

12. Maar toe die vrou Samuel sien, skreeu sy hardop, en die vrou het met Saul gespreek en gesê: Waarom het u my bedrieg? Want u is Saul self.

13. En die koning antwoord haar: Wees nie bevrees nie; maar wat sien jy? En die vrou sê vir Saul: Ek sien ’n bonatuurlike wese uit die aarde opkom.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 28