Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 2:32-36 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

32. Dan sal jy die benoudheid van my woning aanskou, in alles waarin Hy aan Israel goed sal doen; en in jou huis sal daar al die dae geen bejaarde wees nie.

33. Maar Ek sal, om jou oë te laat wegkwyn en jou siel te laat versmag, een vir jou nie uitroei van my altaar af nie; en al wat aangroei uit jou huis, sal op manlike leeftyd sterwe.

34. En dit sal vir jou die teken wees wat oor jou twee seuns, oor Hofni en Pínehas, sal kom: Op een dag sal hulle altwee sterwe.

35. En Ek sal vir My ’n getroue priester verwek wat sal handel soos dit in my hart en in my siel is, en Ek sal vir hom ’n bestendige huis bou, sodat hy al die dae voor die aangesig van my gesalfde kan wandel.

36. En almal wat in jou huis oorbly, sal kom om hulle voor hom neer te buig vir ’n geldstukkie en ’n broodjie, en hulle sal sê: Voeg my tog by een van die priesterordes, dat ek ’n stukkie brood kan eet.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 2