Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 19:7-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Daarop het Jónatan Dawid geroep, en Jónatan het al hierdie woorde aan hom meegedeel. En Jónatan het Dawid na Saul gebring, en hy was voor hom soos gister en eergister.

8. En toe daar weer oorlog kom, het Dawid uitgetrek en teen die Filistyne geveg en ’n groot slag onder hulle geslaan, sodat hulle voor hom uit gevlug het.

9. MAAR ’n bose gees van die Here het oor Saul gekom terwyl hy in sy huis sit met sy spies in sy hand en Dawid met die hand op die snare speel.

10. Toe probeer Saul om Dawid met die spies teen die muur vas te steek, maar hy het vir Saul gekoes, sodat hy die spies teen die muur vasgooi. En Dawid het gevlug en daardie nag vrygekom.

11. Maar Saul het boodskappers na Dawid se huis gestuur om hom te bewaak en hom die môre vroeg dood te maak. Maar sy vrou Migal het dit aan Dawid meegedeel en gesê: As jy nie vannag jou lewe red nie, word jy môre gedood.

12. Migal het Dawid toe deur die venster laat afsak; en hy het weggegaan en gevlug en vrygekom.

13. Daarop neem Migal die huisgod en lê dit op die bed neer, en sy sit die net van bokhaar aan sy koppenent en bedek dit met ’n kombers.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 19