Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 18:8-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. En Saul het baie kwaad geword, want hierdie woord was verkeerd in sy oë. En hy sê: Hulle het Dawid die tienduisende gegee, maar my die duisende gegee; hy moet nou nog net die koningskap kry!

9. En van dié dag af en verder het Saul die oog op Dawid gehad.

10. Die volgende dag het die bose gees van God oor Saul vaardig geword, sodat hy rasend was binne-in die huis terwyl Dawid soos elke dag met sy hand speel, en Saul ’n spies in sy hand hou.

11. Toe gooi Saul die spies en sê: Ek wil Dawid teen die muur vassteek! Maar Dawid het twee maal vir hom padgegee.

12. En Saul was bevrees vir Dawid, omdat die Here met hom was en van Saul gewyk het.

13. Daarom het Saul hom uit sy teenwoordigheid verwyder en hom aangestel as sy owerste oor duisend, sodat hy voor die manskappe uit- en ingegaan het.

14. EN Dawid was voorspoedig in al sy weë, want die Here was met hom.

15. Toe Saul sien dat hy baie voorspoedig was, het hy vir hom bang geword.

16. Maar die hele Israel en Juda het Dawid liefgehad, want hy het voor hulle uit- en ingegaan.

17. Verder het Saul vir Dawid gesê: Hier is my oudste dogter Merab, haar sal ek aan jou as vrou gee; wees net vir my ’n dapper man en voer die oorloë van die Here. Want Saul het gedink: Laat my hand nie teen hom wees nie, maar laat die hand van die Filistyne teen hom wees.

18. Maar Dawid het vir Saul gesê: Wie is ek, en wat is my familie, die geslag van my vader in Israel, dat ek ’n skoonseun van die koning sou word?

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 18