Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 15:7-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. En Saul het die Amalekiete verslaan van Háwila af in die rigting van Sur wat oos van Egipte lê.

8. En Agag, die koning van Ámalek, het hy lewendig gevang, maar die hele volk deur die skerpte van die swaard met die banvloek getref.

9. Maar Saul en die manskappe het Agag gespaar, en die beste van die kleinvee en beeste, en die naas-bestes en die lammers en alles wat van waarde was — dit wou hulle nie met die banvloek tref nie; maar al die goed wat veragtelik en vervalle was, dit het hulle met die banvloek getref.

10. En die woord van die Here het tot Samuel gekom en gesê:

11. Ek het berou gekry dat Ek Saul koning gemaak het, want hy het van My afvallig geword en my woorde nie uitgevoer nie. Toe het Samuel kwaad geword en die hele nag deur die Here aangeroep.

12. Maar die môre vroeg het Samuel hom klaargemaak om Saul te ontmoet. En aan Samuel is meegedeel en gesê: Saul het in Karmel aangekom, en kyk, hy het vir hom ’n gedenkteken opgerig; en hy het weggedraai en verbygegaan en afgetrek na Gilgal.

13. Toe Samuel by Saul kom, sê Saul vir hom: Mag u geseënd wees deur die Here: ek het die woord van die Here uitgevoer.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 15