Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 11:8-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. En hy het hulle gemonster in Besek: die kinders van Israel was driehonderdduisend en die manne van Juda dertigduisend.

9. En hulle het aan die boodskappers wat gekom het, gesê: So moet julle aan die manne van Jabes in Gílead sê: Môre as die son op sy warmste is, sal julle hulp kry. Toe die boodskappers ingaan en dit aan die manne van Jabes meedeel, was hulle bly.

10. En die manne van Jabes sê: Môre sal ons na julle uittrek, en julle kan met ons doen net soos dit goed is in julle oë.

11. Maar die volgende môre het Saul die manskappe in drie afdelings opgestel, en hulle het met die môrewag in die laer ingekom en die Ammoniete verslaan tot op die warmste van die dag; en die ander het so verstrooid geraak dat nie twee onder hulle bymekaar gebly het nie.

12. Daarna sê die manskappe vir Samuel: Wie is dit wat gevra het: Sou Saul oor ons regeer? Lewer die manne uit, dat ons hulle kan doodmaak.

13. Maar Saul antwoord: Op hierdie dag mag geen man gedood word nie, want vandag het die Here ’n verlossing in Israel bewerk.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 11