Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 11:10-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. En die manne van Jabes sê: Môre sal ons na julle uittrek, en julle kan met ons doen net soos dit goed is in julle oë.

11. Maar die volgende môre het Saul die manskappe in drie afdelings opgestel, en hulle het met die môrewag in die laer ingekom en die Ammoniete verslaan tot op die warmste van die dag; en die ander het so verstrooid geraak dat nie twee onder hulle bymekaar gebly het nie.

12. Daarna sê die manskappe vir Samuel: Wie is dit wat gevra het: Sou Saul oor ons regeer? Lewer die manne uit, dat ons hulle kan doodmaak.

13. Maar Saul antwoord: Op hierdie dag mag geen man gedood word nie, want vandag het die Here ’n verlossing in Israel bewerk.

14. Toe sê Samuel aan die volk: Kom, laat ons na Gilgal gaan en daar die koningskap vernuwe.

15. En die hele volk het na Gilgal getrek en daar Saul voor die aangesig van die Here in Gilgal koning gemaak; en hulle het daar dankoffers voor die aangesig van die Here geslag, en Saul met al die manne van Israel was daar uitermate vrolik.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 11