Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 1:14-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. En Eli sê vir haar: Hoe lank wil jy jou soos ’n dronk mens gedra? Sit jou wyn van jou af weg.

15. Maar Hanna antwoord en sê: Nee, my heer, ek is ’n vrou beswaard in my gemoed: wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie, maar ek het my siel voor die aangesig van die Here uitgestort.

16. Hou tog nie u dienares vir ’n deugniet nie, want vanweë my baie sorge en verdriet het ek tot nou toe gespreek.

17. En Eli antwoord en sê: Gaan in vrede, en mag die God van Israel jou bede gee wat jy van Hom gebid het.

18. Daarop sê sy: Mag u dienares guns in u oë vind. Die vrou het toe daar weggegaan, en sy het geëet en haar aangesig was anders.

19. Toe het hulle die môre vroeg klaargemaak en voor die aangesig van die Here aanbid en teruggegaan en by hulle huis in Rama gekom; en Élkana het sy vrou Hanna beken, en die Here het aan haar gedink.

20. En by die wisseling van die jaar het Hanna, wat swanger was, ’n seun gebaar en hom Samuel genoem; want, het sy gesê, ek het hom van die Here gebid.

21. Toe die man Élkana dan met sy hele huisgesin opgaan om aan die Here die jaarlikse offer en sy gelofte-offer te bring,

22. het Hanna nie opgegaan nie; maar sy het aan haar man gesê: Eers wanneer die seun gespeen is, sal ek hom bring, dat hy kan verskyn voor die aangesig van die Here en daar vir altyd bly.

23. En haar man Élkana het aan haar gesê: Doen wat goed is in jou oë, bly totdat jy hom gespeen het; mag die Here net sy woord bevestig. Die vrou het toe gebly en haar seun gesoog totdat sy hom gespeen het.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 1