Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 4:9-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. En Jabes was meer geëerd as sy broers; en sy moeder het hom Jabes genoem en gesê: Ek het met smart gebaar.

10. En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het laat kom wat hy begeer het.

11. En Kelub, die broer van Suha, was die vader van Mehir; hy is die vader van Eston.

12. En Eston was die vader van Bet-Ráfa en Paséag en Tehínna, die vader van die stad Nahas; dit is die manne van Rega.

13. En die seuns van Kenas was Ótniël en Serája; en die seuns van Ótniël: Hatat en Meonótai.

14. En Meonótai was die vader van Ofra, en Serája van Joab, die vader van die Handwerkersdal, want hulle was ambagsmanne.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 4