Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 4:3-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. en dit is die seuns van Etam: Jísreël en Jísma en Jidbas; en die naam van hulle suster was Hasselelpóni.

4. En Pnuel was die vader van Gedor, en Eser die vader van Husa. Dit is die seuns van Hur, die eersgeborene van Éfrata, die vader van Betlehem.

5. En Asgur, die vader van Tekóa, het twee vroue gehad: Hélea en Náära;

6. en Náära het vir hom Ahússam en Hefer en die Temeniete en die Ahastariete gebaar. Dit was die seuns van Náära.

7. En die seuns van Hélea was: Seret, Jesóhar en Etnan.

8. En Kōs was die vader van Anub en Hassobéba en van die geslagte van Ahárhel, die seun van Harum.

9. En Jabes was meer geëerd as sy broers; en sy moeder het hom Jabes genoem en gesê: Ek het met smart gebaar.

10. En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het laat kom wat hy begeer het.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 4