Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 27:13-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Die tiende vir die tiende maand was Máharai, die Netofatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.

14. Die elfde vir die elfde maand was Benája, die Pireatoniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.

15. Die twaalfde vir die twaalfde maand was Héldai, die Netofatiet, van Ótniël afkomstig; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.

16. EN oor die stamme van Israel: bevelhebber oor die Rubeniete was Eliëser, die seun van Sigri; oor die Simeoniete was Safátja, die seun van Máäga;

17. oor die Leviete was Hasábja, die seun van Kémuel; oor die Aäroniete, Sadok;

18. oor Juda was Elíhu, uit die broers van Dawid; oor Íssaskar was Omri, die seun van Mígael;

19. oor Sébulon was Jismája, die seun van Obádja; oor Náftali was Jérimot, die seun van Ásriël;

20. oor die seuns van Efraim was Hoséa, die seun van Asásja; oor die halwe stam van Manasse was Joël, die seun van Pedája;

21. oor die halwe Manasse in Gílead was Iddo, die seun van Sagaría; oor Benjamin was Jaäsiël, die seun van Abner;

22. oor Dan was Asáreël, die seun van Jeróham. Dit was die owerstes van die stamme van Israel.

23. Maar Dawid het die getal van die wat twintig jaar oud was en daaronder, nie laat opneem nie; want die Here het gesê dat Hy Israel sou vermeerder soos die sterre aan die hemel.

24. Joab, die seun van Serúja, het begin tel, maar nie voleindig nie, omdat hieroor ’n toorn oor Israel gekom het; daarom is die getal nie opgeneem in die optelling in die Kronieke van koning Dawid nie.

25. EN oor die skatte van die koning was Asmáwet, die seun van Ádiël; en oor die skatte in die land, in die stede en in die dorpe en in die torings, was Jónatan, die seun van Ussía.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 27