Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 27:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN dit is die seuns van Israel volgens hulle getal, die familiehoofde en die owerstes oor duisend en oor honderd en hulle opsigters, wat die koning gedien het in al die sake van die afdelings wat maand vir maand gedurende al die maande van die jaar ingekom en uitgegaan het; elke afdeling was vier-en-twintigduisend:

2. oor die eerste afdeling vir die eerste maand was Jasóbeam, die seun van Sábdiël; en by sy afdeling was vier-en-twintigduisend.

3. Uit die seuns van Peres was hy die hoof van al die leërowerstes vir die eerste maand.

4. En oor die afdeling vir die tweede maand was Dódai, die Ahohiet; en oor sy afdeling was die bevelhebber Miklot; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.

5. Die derde leërowerste vir die derde maand was Benája, die seun van Jójada, die hoëpriester, en by sy afdeling was vier-en-twintigduisend.

6. Hierdie Benája was ’n held van die dertig en oor die dertig, en oor sy afdeling was sy seun, Ammísabad.

7. Die vierde vir die vierde maand was Ásahel, die broer van Joab, en ná hom sy seun Sebádja; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.

8. Die vyfde vir die vyfde maand was die owerste Samhut, die Jisragiet; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.

9. Die sesde vir die sesde maand was Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.

10. Die sewende vir die sewende maand was Heles, die Peloniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier-en-twintigduisend.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 27