Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 24:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. OOK die seuns van Aäron het hulle afdelings gehad. Die seuns van Aäron was Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar.

2. Maar Nadab en Abíhu het in teenwoordigheid van hulle vader gesterwe, en hulle het geen seuns gehad nie, sodat Eleásar en Ítamar die priesteramp bedien het.

3. En Dawid saam met Sadok, uit die seuns van Eleásar, en Ahiméleg, uit die seuns van Ítamar, het hulle volgens hulle amp in hul diens ingedeel.

4. Maar toe dit blyk dat die seuns van Eleásar talryker was aan gesinshoofde as die seuns van Ítamar, het hulle dié so ingedeel: vir die seuns van Eleásar sestien familiehoofde en vir die seuns van Ítamar volgens hulle families agt.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 24