Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 22:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Dawid het gesê: Dit is die huis van die Here God, en dit is die brandofferaltaar vir Israel.

2. En Dawid het bevel gegee om die vreemdelinge wat in die land van Israel was, te versamel, en hy het klipkappers aangestel om gekapte klippe reg te slaan om die huis van God te bou.

3. En Dawid het yster in groot hoeveelheid byeengebring as spykers vir die poortdeure en as kramme, en koper in menigte, onweegbaar;

4. verder sederblokke, ontelbaar; want die Sidoniërs en die Tiriërs het vir Dawid sederblokke in menigte gebring.

5. Want Dawid het gesê: My seun Salomo is jonk en teer, en die huis wat vir die Here gebou moet word, moet buitengewoon groot wees, tot ’n roem en ’n sieraad van al die lande; laat my dan vir hom die bou voorberei. Daarom het Dawid voor sy dood groot toebereidsels gemaak.

6. Daarop het hy sy seun Salomo geroep en hom bevel gegee om ’n huis vir die Here, die God van Israel, te bou.

7. En Dawid het aan Salomo gesê: My seun, ek self het my voorgeneem om ’n huis te bou vir die Naam van die Here my God.

8. Maar die woord van die Here het tot my gekom en gesê: Jy het bloed in menigte vergiet en groot oorloë gevoer: jy mag nie vir my Naam ’n huis bou nie, omdat jy baie bloed op die aarde voor my aangesig vergiet het.

9. Kyk, ’n seun sal vir jou gebore word; hý sal ’n man van rus wees, en Ek sal hom rus verskaf van al sy vyande rondom; want Salomo sal sy naam wees, en vrede en rus sal Ek oor Israel in sy dae gee.

10. Hý sal vir my Naam ’n huis bou, en hý sal vir My ’n seun wees, en Ek vir hom ’n Vader; en Ek sal die troon van sy koningskap oor Israel bevestig tot in ewigheid.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 22