Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 21:24-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. Maar koning Dawid het vir Ornan gesê: Nee, maar ek wil dit verseker koop vir die volle geld; want ek wil nie wat aan jou behoort, vir die Here neem, dat ek verniet ’n brandoffer sou bring nie.

25. En Dawid het vir die plek seshonderd sikkels goud in gewig aan Ornan gegee.

26. En Dawid het daar vir die Here ’n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring. Onderwyl hy die Here aanroep, het Hy hom met vuur uit die hemel op die brandofferaltaar geantwoord.

27. En die Here het die engel beveel om sy swaard weer in die skede te steek.

28. In dié tyd, toe Dawid sien dat die Here hom geantwoord het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, het hy daar geoffer;

29. want die tabernakel van die Here wat Moses in die woestyn gemaak het, en die brandofferaltaar was in dié tyd op die hoogte in Gíbeon.

30. En Dawid het nie daarvoor durf verskyn om God te soek nie, want hy was verskrik vanweë die swaard van die engel van die Here.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 21