Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 19:10-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Toe Joab sien dat ’n aanval van voor sowel as van agter hom bedreig, het hy uit al die uitgesoektes in Israel uitgekies en hulle teenoor die Arameërs opgestel.

11. Maar die orige manskappe het hy onder bevel van sy broer Abísai gegee, en hulle het hul teenoor die kinders van Ammon opgestel.

12. En hy het gesê: As die Arameërs vir my te sterk word, dan moet jy my te hulp kom, en as die kinders van Ammon vir jou te sterk word, sal ek jou te hulp kom.

13. Wees sterk en laat ons saam moedig wees vir ons volk en vir die stede van onse God. Mag die Here dan doen wat goed is in sy oë!

14. Daarop het Joab en die manskappe wat by hom was, nader gekom vir die geveg voor die Arameërs, en hulle het vir hom gevlug.

15. Toe die kinders van Ammon sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook vir sy broer Abísai gevlug en die stad ingegaan. En Joab het in Jerusalem aangekom.

16. Toe die Arameërs dan sien dat hulle voor Israel verslaan was, het hulle boodskappers gestuur en die Arameërs laat uittrek wat oorkant die Eufraat was, met Sofag, die leërowerste van Hadaréser, op hulle voorpunt.

17. Intussen het Dawid daarvan berig ontvang en die hele Israel versamel en deur die Jordaan getrek. Toe hy by hulle aangekom het, het hy hom teen hulle opgestel; en nadat Dawid hom teenoor die Arameërs opgestel het, het hulle teen hom geveg.

18. Maar die Arameërs het vir Israel gevlug, en Dawid het van die Arameërs seweduisend trekperde en veertigduisend man voetgangers gedood; ook Sofag, die leërowerste, het hy gedood.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 19