Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 18:14-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. En Dawid het oor die hele Israel geregeer en reg en geregtigheid aan sy hele volk gedoen.

15. En Joab, die seun van Serúja, was oor die leër; en Jósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.

16. En Sadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die seun van Ábjatar, was priesters, en Sausa was skrywer.

17. En Benája, die seun van Jójada, was oor die Kreti en die Pleti, en die oudste seuns van Dawid was in diens van die koning.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 18