Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 15:18-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. en saam met hulle hul broers van die tweede rang: Sagaría, en Jasäiël en Semíramot en Jéhiël en Unni, Elíab en Benája en Maäséja en Mattítja en Eliféle en Miknéja en Obed-Edom en Jeï-el, die poortwagters;

19. en die sangers Heman, Asaf en Etan om met kopersimbale musiek te maak;

20. en Sagaría en Ásiël en Semíramot en Jéhiël en Unni en Elíab en Maäséja en Benája met harpe, met sopraanstemme;

21. en Mattítja en Eliféle en Miknéja en Obed-Edom en Jeï-el en Asásja met siters om in die bas leiding te gee.

22. En Kenánja, die owerste van die Leviete, was aangestel oor die vervoer; hy het die vervoer gereël want hy het dit verstaan.

23. En Berégja en Élkana was poortwagters by die ark.

24. En die priesters Sebánja en Jósafat en Netáneël en Amásai en Sagaría en Benája en Eliëser het op die trompette geblaas voor die ark van God uit; en Obed-Edom en Jehía was poortwagters van die ark.

25. Dawid en die oudstes van Israel en die owerstes oor duisend het toe gegaan om die verbondsark van die Here met vreugde uit die huis van Obed-Edom te gaan haal.

26. En terwyl God die Leviete help wat die verbondsark van die Here dra, het hulle sewe bulle en sewe ramme geoffer.

27. En Dawid het ’n mantel van fyn linne aangehad, ook al die Leviete wat die ark gedra het, en die sangers en Kenánja, die owerste oor die voordrag van die sangers; en Dawid het ’n linneskouerkleed aangehad.

28. En die hele Israel het die verbondsark van die Here gaan haal met gejuig en basuingeklank en met trompette en simbale, onderwyl hulle musiek maak op harpe en siters.

29. Toe die verbondsark van die Here by die stad van Dawid kom, kyk Migal, die dogter van Saul, deur die venster uit en sien koning Dawid dans en speel, en sy het hom in haar hart verag.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 15