Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 15:10-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. van die seuns van Ússiël: Ammínadab, die owerste, en sy broers, honderd-en-twaalf.

11. En Dawid het Sadok en Ábjatar, die priesters, en die Leviete Úriël, Asája en Joël, Semája en Éliël en Ammínadab laat roep

12. en aan hulle gesê: Julle is hoofde van families van die Leviete; heilig julle, julle en jul broers, en bring die ark van die Here, die God van Israel, op na die plek wat ek daarvoor reggemaak het.

13. Want omdat julle in die begin nie by was nie, het die Here onse God teen ons uitgebreek, omdat ons Hom nie gesoek het soos dit behoort nie.

14. Daarop het die priesters en die Leviete hulle geheilig om die ark van die Here, die God van Israel, te gaan haal.

15. En die seuns van die Leviete het die ark van God, soos Moses volgens die woord van die Here beveel het, op hulle skouers gedra, met die draaghoute op hulle.

16. En Dawid het aan die owerstes van die Leviete gesê om hulle broers, die sangers, op te stel met musiekinstrumente, harpe en siters en simbale, om hulle te laat hoor deur die stem met blydskap te verhef.

17. Die Leviete het toe Heman, die seun van Joël, opgestel, en uit sy broers Asaf, die seun van Berégja; en uit die seuns van Merári, hulle broers, Etan, die seun van Kusája;

18. en saam met hulle hul broers van die tweede rang: Sagaría, en Jasäiël en Semíramot en Jéhiël en Unni, Elíab en Benája en Maäséja en Mattítja en Eliféle en Miknéja en Obed-Edom en Jeï-el, die poortwagters;

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 15