Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 12:1-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN dit is hulle wat na Dawid na Siklag gekom het toe hy nog uit die teenwoordigheid van Saul, die seun van Kis, verban was; hulle was ook onder die helde wat gehelp het in die oorlog,

2. gewapend met die boog, wat regter- en linkerhand kon gebruik met slingerstene en met pyl en boog; hulle was uit die broers van Saul uit Benjamin:

3. Ahiëser, die hoof, en Joas, seuns van Semáä, die Gibeatiet; en Jésiël en Pelet, seuns van Asmáwet; en Béraga en Jehu, uit Ánatot;

4. en Jismája, die Gibeoniet, ’n held onder die dertig en hoof oor die dertig; en Jeremia en Jahásiël en Jóhanan en Jósabad, uit Gedéra;

5. Elehúsai en Jérimot en Beálja en Semárja en Sefátja, uit Harif;

6. Élkana en Jissía en Asáreël en Joëser en Jasóbeam, die Koragiete;

7. en Joëla en Sebádja, die seuns van Jeróham, uit Gedor.

8. Ook van die Gadiete het hulle afgeskei na Dawid, na die bergvesting in die woestyn, dapper manne, krygsmanne in die oorlog, toegerus met skild en spies, en hulle gesigte was leeugesigte en hulle was vinnig soos gemsbokke op die berge:

9. Eser, die hoof, Obádja, die tweede, Elíab, die derde;

10. Masmánna, die vierde, Jeremia, die vyfde;

11. Áttai, die sesde, Éliël, die sewende;

12. Jóhanan, die agtste, Élsabad, die negende;

13. Jeremia, die tiende, Magbánnai, die elfde.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 12