Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 11:20-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. En Abísai, die broer van Joab, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor driehonderd wat gesneuwel het, en ’n naam gehad onder die drie.

21. Uit die drie was hy onder die ander twee geëerd, sodat hy hulle owerste geword het; maar tot by die eerste drie het hy nie gekom nie.

22. Benája, die seun van Jójada, ’n dapper man, groot van daad, uit Kábseël; hy het die twee groot helde van Moab verslaan; en hy het afgegaan en ’n leeu binne-in ’n kuil doodgeslaan op ’n sneeudag.

23. Hy het ook ’n Egiptenaar verslaan, ’n groot man, vyf el; en in die hand van die Egiptenaar was ’n spies soos ’n wewersbalk; maar hy het na hom afgegaan met ’n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies doodgesteek.

24. Dit het Benája, die seun van Jójada, gedoen; en hy het ’n naam gehad onder die drie helde.

25. Hy was wel meer geëerd as die dertig, maar tot by die drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag.

26. En die dapper helde was: Ásahel, die broer van Joab, Élhanan, die seun van Dodo, uit Betlehem;

27. Sammot, die Harodiet; Heles, die Peloniet;

28. Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; Abiëser, die Anatotiet;

29. Síbbegai, die Husatiet; Ílai, die Ahohiet;

30. Máharai, die Netofatiet; Heled, die seun van Baäna, die Netofatiet;

31. Ítai, die seun van Ríbai, uit Gíbea van die kinders van Benjamin; Benája, die Pireatoniet;

32. Húrai, uit Nahale-Gaäs, Abíël, die Arabatiet;

33. Asmáwet, die Baharumiet; Éljagba, die Saälboniet.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 11