Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 9:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. NET toe Salomo gereed was met die bou van die huis van die Here en die huis van die koning en elke begeerte wat Salomo wou uitvoer,

2. verskyn die Here vir die tweede maal aan Salomo soos Hy aan hom verskyn het in Gíbeon;

3. en die Here sê vir hom: Ek het jou gebed en jou smeking gehoor wat jy voor my aangesig uitgespreek het; Ek het hierdie huis wat jy gebou het, geheilig deur my Naam daar te vestig tot in ewigheid; en my oë en my hart sal daar altyd wees.

4. En wat jou betref, as jy wandel voor my aangesig soos jou vader Dawid gewandel het, met ’n volkome hart en in opregtheid deur te doen net soos Ek jou beveel het, en my insettinge en verordeninge onderhou,

5. dan sal Ek die troon van jou koningskap oor Israel vir ewig bevestig, soos Ek jou vader Dawid beloof het deur te sê: Daar sal vir jou nooit ’n man ontbreek op die troon van Israel nie.

6. As julle en julle kinders ooit van My afvallig word en my gebooie, my insettinge wat Ek julle voorgehou het, nie onderhou nie, maar ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig,

7. dan sal Ek Israel uit die land uitroei wat Ek hulle gegee het, en die huis wat Ek vir my Naam geheilig het, sal Ek van my aangesig wegwerp, sodat Israel ’n spreekwoord en ’n spotlied sal word onder al die volke.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 9