Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 6:21-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. Verder het Salomo die huis van binne met fyn goud oorgetrek, en hy het ’n afsluiting met goue kettings gemaak voor die binneste vertrek, wat hy met goud oorgetrek het.

22. En die hele huis het hy met goud oorgetrek, totdat die hele huis daarmee bedek was; en die hele altaar wat by die binneste vertrek behoort, het hy met goud oorgetrek.

23. Verder het hy in die binneste vertrek twee gérubs gemaak van oliewenhout, tien el hoog.

24. En vyf el was die een vlerk van die gérub, en vyf el was die ander vlerk van die gérub: tien el van die een punt van sy vlerke tot by die ander punt daarvan.

25. En tien el die tweede gérub: altwee die gérubs het een maat en een gestalte gehad.

26. Die hoogte van die een gérub was tien el, en net so die ander gérub.

27. Toe het hy die gérubs in die middel van die binneste vertrek gesit, en die vlerke van die gérubs was uitgesprei, sodat die vlerk van die een aan die een muur en die vlerk van die ander gérub aan die ander muur raak, terwyl hulle vlerke, na die middel van die vertrek toe, vlerk teen vlerk raak.

28. Verder het hy die gérubs met goud oorgetrek.

29. En aan al die mure van die huis rondom, van die binneste en die buitenste vertrek, het hy figure van gérubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny.

30. En die vloer van die huis, van die binneste en die buitenste vertrek, het hy met goud oorgetrek.

31. En as ingang van die binneste vertrek het hy deure van oliewenhout gemaak; die uitspringende raamwerk van die deurposte het die vorm van ’n vyfhoek gehad.

32. En die twee deurvleuels was van oliewenhout, en daarop het hy figure van gérubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny en dit met goud oorgetrek, en die goud op die gérubs en op die palmbome ingeslaan.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 6