Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 5:5-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. En kyk, ek is van plan om vir die Naam van die Here my God ’n huis te bou soos die Here met my vader Dawid gespreek en gesê het: Jou seun wat Ek in jou plek op jou troon sal sit, hy sal die huis vir my Naam bou.

6. Gee dan nou bevel dat hulle vir my seders uit die Líbanon kap, en laat my dienaars saam met u dienaars wees, en die loon van u dienaars sal ek u gee net soos u sê; want u weet self dat onder ons niemand is wat verstaan om bome te kap soos die Sidoniërs nie.

7. Net toe Hiram die woorde van Salomo hoor, was hy baie bly en sê: Geseënd is die Here vandag wat vir Dawid ’n wyse seun gegee het oor hierdie groot volk.

8. Daarop laat Hiram aan Salomo weet: Ek het gehoor wat u my laat weet het; ék sal doen alles wat u verlang insake die sederhout en die sipreshout.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 5