Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 20:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Bénhadad, die koning van Aram, het sy hele leër versamel — twee-en-dertig konings was saam met hom, met perde en strydwaens — en opgetrek en Samaría beleër en daarteen geveg.

2. Ook het hy boodskappers na Agab, die koning van Israel, gestuur in die stad

3. en hom laat weet: So sê Bénhadad: U silwer en u goud, dit is myne; en u mooiste vroue en kinders, hulle is myne.

4. Toe antwoord die koning van Israel en sê: Volgens u woord, my heer die koning, ek is uwe met alles wat ek het!

5. Daarop kom die boodskappers weer en sê: So spreek Bénhadad: Ek het u wel laat weet: U silwer en u goud en u vroue en u kinders moet u aan my gee.

6. Maar môre sulke tyd sal ek my dienaars na u stuur, dat hulle u huis en die huise van u dienaars deursoek; en hulle sal alles wat begeerlik is in u oë, in hulle hand lê en wegneem.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 20