Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 15:15-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. En hy het die heilige gawes van sy vader en sy heilige gawes in die huis van die Here gebring: silwer en goud en allerhande voorwerpe.

16. En daar was oorlog tussen Asa en Baésa, die koning van Israel, al hulle dae.

17. En Baésa, die koning van Israel, het teen Juda opgetrek en Rama gebou om niemand van Asa, die koning van Juda, te laat uit- of ingaan nie.

18. Toe neem Asa al die silwer en die goud wat oorgebly het in die skatkamers van die huis van die Here en die skatte van die huis van die koning, en gee dit in die hand van sy dienaars; en koning Asa het hulle gestuur na Bénhadad, die seun van Tabrímmon, die seun van Hésjon, die koning van Aram wat in Damaskus gewoon het, om te sê:

19. Daar is ’n verbond tussen my en u, tussen my vader en u vader; kyk, ek stuur ’n geskenk van silwer en goud; gaan verbreek u verbond met Baésa, die koning van Israel, dat hy kan optrek, weg van my af.

20. En Bénhadad het geluister na koning Asa en die owerstes van sy leërmagte teen die stede van Israel gestuur, en Ijon en Dan en Abel-Bet-Máäga en die hele Kínnerot met die hele land Náftali verwoes.

21. En net toe Baésa dit hoor, het hy opgehou om Rama te bou en in Tirsa gebly.

22. Toe roep koning Asa die hele Juda op — niemand was vry nie — en hulle het die klippe en balke van Rama, waarmee Baésa gebou het, weggedra; en daarmee het koning Asa Geba in Benjamin en Mispa gebou.

23. En die res van die verdere geskiedenis van Asa en al sy magtige dade en alles wat hy gedoen het, en die stede wat hy gebou het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie? Maar in die tyd van sy ouderdom het hy aan sy voete gely.

24. En Asa het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Jósafat het in sy plek koning geword.

25. EN Nadab, die seun van Jeróbeam, het koning geword oor Israel in die tweede jaar van Asa, die koning van Juda, en hy het twee jaar oor Israel geregeer.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 15