Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 14:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN dieselfde tyd het Abía, die seun van Jeróbeam, siek geword.

2. En Jeróbeam het vir sy vrou gesê: Maak jou tog gereed en trek ander klere aan, sodat hulle nie kan merk dat jy die vrou van Jeróbeam is nie, en gaan na Silo; kyk, daar is die profeet Ahía wat van my gesê het dat ek koning oor hierdie volk sou word.

3. En neem met jou saam tien brode en koeke en ’n kruik met heuning, en gaan na hom toe; hy sal jou te kenne gee wat met die seun sal gebeur.

4. En die vrou van Jeróbeam het so gedoen — haar gereedgemaak en na Silo gegaan en in die huis van Ahía gekom; en Ahía kon nie sien nie, want sy oë was styf vanweë sy ouderdom.

5. Maar die Here het vir Ahía gesê: Kyk, die vrou van Jeróbeam kom om jou te raadpleeg oor haar seun, want hy is siek; so en so moet jy vir haar sê. En toe sy inkom, terwyl sy haar as ’n vreemde aanstel,

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 14