Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 11:35-43 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

35. Maar uit die hand van sy seun sal Ek die koningskap neem en dit aan jou gee, die tien stamme;

36. en aan sy seun sal Ek een stam gee, sodat my kneg Dawid altyd ’n lamp kan hê voor my aangesig in Jerusalem, die stad wat Ek vir My verkies het om my Naam daar te vestig;

37. en Ek sal jou neem, en jy sal regeer oor alles wat jou siel begeer, en jy sal koning word oor Israel.

38. En as jy luister na alles wat Ek jou beveel en wandel in my weë en doen wat reg is in my oë deur my insettinge en my gebooie te hou, soos my kneg Dawid gedoen het, dan sal Ek met jou wees en vir jou ’n bestendige huis stig, soos Ek vir Dawid gestig het, en Israel aan jou gee.

39. Want Ek wil om hierdie rede die nageslag van Dawid verneder, maar nie vir altyd nie.

40. En Salomo het geprobeer om Jeróbeam om te bring; maar Jeróbeam het hom klaargemaak en gevlug na Egipte, na Sisak, die koning van Egipte, en was in Egipte tot die dood van Salomo.

41. EN die verdere geskiedenis van Salomo en alles wat hy gedoen het, en sy wysheid, is dit nie beskrywe in die Geskiedenisboek van Salomo nie?

42. En die dae wat Salomo in Jerusalem oor die hele Israel geregeer het, was veertig jaar.

43. Daarna het Salomo met sy vaders ontslaap en is begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Rehábeam het in sy plek koning geword.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 11