Ou Testament

Nuwe Testament

Titus 3:5-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees

6. wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser;

7. sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.

8. Dit is ’n betroubare woord, en ek wil hê dat jy hierdie dinge beslis bevestig, sodat die wat in God glo, sorg kan dra om goeie werke voor te staan; dít is wat goed en nuttig is vir die mense.

9. Maar vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos.

10. Aan ’n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning,

Lees volledige hoofstuk Titus 3