Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 7:5-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.

6. Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.

7. Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

8. Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood.

9. En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.

10. En die gebod wat die lewe moes wees, dié het vir my geblyk die dood te wees.

11. Want die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en my verlei en daardeur gedood.

12. Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed.

13. Het die goeie dan vir my die dood geword? Nee, stellig nie! Maar wel die sonde, dat dit kon blyk sonde te wees, omdat dit deur die goeie vir my die dood bewerk, sodat die sonde deur die gebod uitermate sondig kon word.

14. Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde.

15. Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.

Lees volledige hoofstuk Romeine 7