Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 14:8-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

9. Want hiervoor het Christus ook gesterwe en opgestaan en weer lewend geword, om oor dode sowel as lewende te heers.

10. Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word.

11. Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.

12. So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.

13. LAAT ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dít liewer, om nie die broeder ’n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.

14. Ek weet en is oortuig in die Here Jesus dat niks op sigself onrein is nie, maar hy wat reken dat iets onrein is, vir hom is dit onrein.

15. Maar as jou broeder deur voedsel gegrief word, dan wandel jy nie meer volgens die liefde nie. Moenie deur jou voedsel hom te gronde rig vir wie Christus gesterf het nie.

16. Laat dan van die goeie wat aan julle behoort, nie kwaad gespreek word nie.

17. Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

18. Want hy wat Christus hierin dien, is aan God welgevallig en by die mense geag.

19. Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien.

20. Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir ’n mens om te eet as dit tot aanstoot is.

Lees volledige hoofstuk Romeine 14