Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 8:10-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. En die derde engel het geblaas, en ’n groot ster wat soos ’n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ’n derde van die riviere en op die waterfonteine.

11. En die naam van die ster word genoem Alsem; en ’n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.

12. En die vierde engel het geblaas, en ’n derde van die son is getref en ’n derde van die maan en ’n derde van die sterre, sodat ’n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so.

13. En ek het gesien en gehoor ’n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met ’n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!

Lees volledige hoofstuk Openbaring 8