Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 7:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie.

2. En ek het ’n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met ’n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig

3. en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.

4. En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd-vier-en-veertigduisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel —

Lees volledige hoofstuk Openbaring 7