Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 4:7-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. En die eerste lewende wese was soos ’n leeu, en die tweede lewende wese was soos ’n kalf, en die derde lewende wese het ’n gesig gehad soos ’n mens, en die vierde lewende wese was soos ’n arend wat vlieg.

8. En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!

9. En elke keer as die lewende wesens heerlikheid en eer en danksegging gee aan Hom wat op die troon sit, wat tot in alle ewigheid lewe,

10. val die vier-en-twintig ouderlinge neer voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in alle ewigheid lewe, en werp hulle krone voor die troon en sê:

11. U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 4