Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 2:13-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Ántipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon.

14. Maar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bíleam wat Balak geleer het om ’n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer.

15. So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat.

16. Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met die swaard van my mond.

17. Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ’n wit keursteen, en op dié steen ’n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

18. EN skryf aan die engel van die gemeente in Thiatíre: Dít sê die Seun van God wat oë het soos ’n vuurvlam, en sy voete is soos blink koper:

19. Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof en jou lydsaamheid en jou werke, en dat die laaste meer is as die eerste.

20. Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Isébel, wat haarself ’n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet.

21. En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie.

22. Kyk, Ek werp haar neer op ’n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in ’n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.

23. En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.

24. En ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes van die Satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 2