Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 12:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN ’n groot teken het in die hemel verskyn: ’n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ’n kroon van twaalf sterre;

2. en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood.

3. En ’n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ’n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone;

4. en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.

5. En sy het ’n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ’n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 12