Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 9:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN nadat Hy in die skuit geklim het, het Hy oorgevaar en in sy eie stad gekom.

2. En hulle het ’n verlamde man wat op ’n bed lê, na Hom gebring. En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy aan die verlamde: Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe.

3. En sommige van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: Hierdie man praat godslasterlik.

4. En toe Jesus merk wat hulle gedagtes was, sê Hy: Waarom bedink julle slegte dinge in julle harte?

5. Want wat is makliker, om te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en loop?

6. Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe — toe sê Hy vir die verlamde man: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.

7. En hy het opgestaan en huis toe gegaan.

8. En toe die skare dit sien, was hulle verwonderd en het God verheerlik wat so ’n mag aan die mense gegee het.

9. EN toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy ’n man met die naam van Matthéüs by die tolhuis sit; en Hy sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 9