Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 6:6-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

7. En as julle bid, gebruik nie ’n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.

8. Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.

9. Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;

10. laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;

11. gee ons vandag ons daaglikse brood;

12. en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;

13. en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

14. Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

15. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

16. En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hul gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.

17. Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig,

18. sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.

19. MOENIE vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;

20. maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 6