Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 20:22-34 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. Maar Jesus antwoord en sê: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek aanstons gaan drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word? Hulle sê vir Hom: Ons kan.

23. En Hy sê vir hulle: Dis waar, my beker sal julle drink en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word; maar om te sit aan my regter- en aan my linkerhand berus nie by My om te gee nie, maar is vir hulle vir wie dit deur my Vader berei is.

24. En toe die tien dit hoor, was hulle verontwaardig oor die twee broers.

25. Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen;

26. maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.

27. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees;

28. net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ’n losprys vir baie.

29. EN toe hulle uit Jérigo uitgaan, het ’n groot menigte Hom gevolg.

30. En daar het twee blindes langs die pad gesit; en toe hulle hoor dat Jesus verbygaan, roep hulle uit en sê: Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid!

31. En die skare het hulle bestraf, dat hulle moes stilbly; maar hulle het al harder geroep en gesê: Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid!

32. Toe gaan Jesus staan en roep hulle en sê: Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?

33. Hulle antwoord Hom: Here, dat ons oë geopen mag word.

34. En Jesus het innig jammer vir hulle gevoel en hulle oë aangeraak, en dadelik het hulle oë gesien, en hulle het Hom gevolg.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 20