Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 15:2-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Waarom oortree u dissipels die oorlewering van die ou mense? Want hulle was nie hul hande as hulle brood eet nie.

3. Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering?

4. Want God het bevel gegee en gesê: Eer jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe.

5. Maar julle sê: Elkeen wat aan vader of moeder sê: enige voordeel wat u van my sou kan geniet, is ’n offergawe — dié hoef sy vader of sy moeder glad nie te eer nie.

6. So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering.

7. Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het:

8. Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.

9. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.

10. En Hy het die skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister en verstaan!

11. Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.

12. Daarop kom sy dissipels nader en sê vir Hom: Weet U dat die Fariseërs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het?

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 15