Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 12:39-50 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

39. Maar Hy antwoord en sê vir hulle: ’n Slegte en owerspelige geslag soek na ’n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.

40. Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.

41. Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en — meer as Jona is hier!

42. Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en — meer as Salomo is hier!

43. En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie.

44. Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier.

45. Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag.

46. EN terwyl Hy nog met die skare spreek, staan sy moeder en broers daarbuite en wou graag met Hom praat.

47. Toe sê iemand vir Hom: Dáár staan u moeder en u broers buite en wil graag met U praat.

48. Maar Hy antwoord en sê vir die een wat Hom dit vertel het: Wie is my moeder? En wie is my broers?

49. En Hy steek sy hand oor sy dissipels uit en sê: Dáár is my moeder en my broers.

50. Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 12