Ou Testament

Nuwe Testament

Matthéüs 10:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.

2. En dit is die name van die twaalf apostels: die eerste Simon wat Petrus genoem word, en Andréas, sy broer; Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer;

3. Filippus en Bartholoméüs; Thomas en Matthéüs, die tollenaar; Jakobus, die seun van Alféüs, en Lebbéüs wat genoem word Thaddéüs;

4. Simon Kananítes en Judas Iskáriot, die een wat Hom verraai het.

5. Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ’n stad van die Samaritane nie;

6. maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.

7. En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.

Lees volledige hoofstuk Matthéüs 10