Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 8:3-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. En as Ek hulle honger huis toe stuur, sal hulle op die pad beswyk, want sommige van hulle kom van ver.

4. En sy dissipels antwoord Hom: Waarvandaan sal ’n mens hulle hier in die woestyn kan versadig met brood?

5. Toe vra Hy hulle: Hoeveel brode het julle? En hulle sê: Sewe.

6. En Hy gee aan die skare bevel om op die grond te gaan sit; daarop neem Hy die sewe brode, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels om dit voor te sit; en hulle sit dit aan die skare voor.

7. Hulle het ook ’n paar vissies gehad; en nadat Hy gedank het, sê Hy dat hulle dit ook moet voorsit.

8. En hulle het geëet en versadig geword en die oorskot van die brokstukke opgetel, sewe mandjies vol.

9. En die wat geëet het, was omtrent vierduisend. En Hy het hulle weggestuur.

10. EN dadelik het Hy met sy dissipels in die skuit geklim en in die streke van Dalmanúta gekom.

Lees volledige hoofstuk Markus 8