Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 6:24-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. Daarop gaan sy uit en sê vir haar moeder: Wat sal ek vra? Toe antwoord sy: Die hoof van Johannes die Doper.

25. En dadelik gaan sy haastig in na die koning en vra en sê: Ek wil hê dat u my op die daad die hoof van Johannes die Doper op ’n skottel gee.

26. Toe word die koning baie bedroef, maar ter wille van die eed en die wat saam aan tafel was, wou hy haar nie afwys nie.

27. En die koning stuur dadelik een van sy lyfwag met die bevel om sy hoof te bring; en hy het gegaan en hom in die gevangenis onthoof

28. en sy hoof op ’n skottel gebring en dit aan die meisie gegee, en die meisie het dit aan haar moeder gegee.

29. En toe sy dissipels dit hoor, het hulle gekom en sy lyk weggeneem en dit in ’n graf neergelê.

30. EN die apostels het by Jesus saamgekom en Hom alles vertel wat hulle gedoen sowel as wat hulle geleer het.

31. En Hy sê vir hulle: Kom julle self in die eensaamheid na ’n verlate plek en rus ’n bietjie. Want daar was baie wat kom en gaan, en hulle het selfs geen geskikte tyd gehad om te eet nie.

32. En hulle het met die skuit vertrek na ’n verlate plek in die eensaamheid.

33. En die skare het hulle sien weggaan, en baie het Hom herken en te voet van al die stede af daar saamgestroom en voor hulle uit gegaan en by Hom vergader.

Lees volledige hoofstuk Markus 6