Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 6:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Hy het daarvandaan weggegaan en in sy vaderstad gekom, en sy dissipels het Hom gevolg.

2. En toe dit sabbat geword het, begin Hy in die sinagoge te leer, en baie wat Hom gehoor het, was verslae en sê: Waar kry Hy hierdie dinge vandaan, en watter wysheid is aan Hom gegee, dat ook sulke kragte deur sy hande plaasvind?

3. Is Hy nie die timmerman, die seun van Maria, en die broer van Jakobus en Joses en Judas en Simon nie? En is sy susters nie hier by ons nie? En hulle het aanstoot aan Hom geneem.

4. En Jesus sê vir hulle: ’n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en onder sy familie en in sy huis.

5. En Hy kon daar geen krag doen nie, behalwe dat Hy ’n paar siekes die hande opgelê en hulle gesond gemaak het.

6. En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. Daarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer.

7. EN Hy het die twaalf na Hom geroep en hulle twee-twee begin uitstuur en het hulle mag gegee oor die onreine geeste,

8. en hulle bevel gegee om niks vir die pad saam te neem nie as net ’n stok alleen — geen reissak, geen brood, geen geld in die beurs nie,

9. maar skoene aan die voete; en: Julle moet nie twee kledingstukke aantrek nie.

Lees volledige hoofstuk Markus 6