Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 3:1-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Hy het weer in die sinagoge gegaan, en dáár was ’n man met ’n verdorde hand.

2. En hulle het Hom in die oog gehou, of Hy hom op die sabbat gesond sou maak, sodat hulle Hom kon aanklae.

3. En Hy sê vir die man met die verdorde hand: Staan op in hul midde.

4. Daarop sê Hy vir hulle: Is dit geoorloof om op die sabbat goed of kwaad te doen, ’n lewe te red of dood te maak? Maar hulle het stilgebly.

5. En nadat Hy hulle rondom met toorn aangekyk het en tegelykertyd bedroef was oor die hardheid van hulle hart, sê Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en sy hand is herstel, gesond soos die ander een.

6. Toe gaan die Fariseërs uit en hou dadelik raad met die Herodiane teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.

7. En Jesus het met sy dissipels teruggegaan na die see toe, en ’n groot menigte het Hom gevolg uit Galiléa en Judéa

8. en Jerusalem en Iduméa en van oorkant die Jordaan af. En die wat om Tirus en Sidon gewoon het, ’n groot menigte, het na Hom gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen.

9. En Hy het aan sy dissipels gesê dat ’n skuitjie altyd vir Hom moes klaar lê vanweë die skare, sodat hulle Hom nie miskien sou verdring nie.

10. Want Hy het baie gesond gemaak, sodat almal wat vol kwale was, op Hom toegeloop het om Hom aan te raak.

11. En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God!

Lees volledige hoofstuk Markus 3