Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 14:64-72 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

64. Julle het die godslastering gehoor; wat dink julle? En hulle het almal Hom veroordeel dat Hy die dood skuldig was.

65. En sommige het begin om op Hom te spuug en sy aangesig toe te maak en Hom met die vuis te slaan en vir Hom te sê: Profeteer! En die dienaars het Hom met stokke geslaan.

66. EN terwyl Petrus onder in die binneplaas was, kom daar een van die diensmeisies van die hoëpriester,

67. en toe sy Petrus sien, besig om hom warm te maak, kyk sy na hom en sê: Jy was ook by die Nasaréner, Jesus.

68. Maar hy het dit ontken en gesê: Ek weet nie en begryp nie wat jy sê nie. En hy het buite na die voorplein gegaan; en die haan het gekraai.

69. En toe die diensmeisie hom weer sien, begin sy aan die wat daar staan, te sê: Hierdie man behoort by hulle.

70. Maar hy het dit weer ontken. En ’n bietjie later weer sê die wat daar staan vir Petrus: Waarlik, jy behoort by hulle, want jy is ook ’n Galiléër en jou spraak is net so.

71. Toe begin hy homself te verwens en te sweer: Ek ken nie daardie man van wie julle praat nie.

72. En vir die tweede keer het die haan gekraai; en Petrus het die woord onthou wat Jesus vir hom gesê het: Voor die haan twee maal gekraai het, sal jy My drie maal verloën. En hy het in trane uitgebars.

Lees volledige hoofstuk Markus 14