Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 12:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE begin Hy deur gelykenisse vir hulle te sê: ’n Man het ’n wingerd geplant en ’n heining daarom gesit en ’n parskuip gegrawe en ’n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.

2. En op die regte tyd het hy ’n dienskneg na die landbouers gestuur om van die landbouers uit die vrug van die wingerd te ontvang;

3. maar hulle het hom geneem en geslaan en hom met leë hande weggestuur.

4. En weer het hy ’n ander dienskneg na hulle gestuur; en hom het hulle gestenig en aan die hoof gewond, hom skandelik behandel en teruggestuur.

5. En weer het hy ’n ander een gestuur, en hom het hulle doodgemaak; ook baie ander — sommige het hulle geslaan en ander doodgemaak.

Lees volledige hoofstuk Markus 12