Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 4:23-32 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

23. En Hy antwoord hulle: Julle sal My ongetwyfeld hierdie spreekwoord toevoeg: Geneesheer, genees uself! Alles wat ons hoor wat in Kapérnaüm gebeur het, doen dit hier in u vaderstad ook.

24. En Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, geen profeet is aangenaam in sy vaderland nie.

25. Maar Ek sê vir julle met waarheid, daar was baie weduwees in Israel in die dae van Elía toe die hemel toegesluit was drie jaar en ses maande lank, toe daar ’n groot hongersnood gekom het in die hele land,

26. en na nie een van hulle is Elía gestuur nie, behalwe na Sarfat in Sidon, na ’n weduwee.

27. En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van Elísa, die profeet, en nie een van hulle is gereinig nie, behalwe Naäman, die Síriër.

28. En almal in die sinagoge is met woede vervul toe hulle dit hoor;

29. en hulle het opgestaan en Hom uit die stad uitgedryf en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle stad gebou was, om Hom van die krans af te gooi.

30. Maar Hy het tussen hulle deur geloop en weggegaan.

31. En Hy het afgekom na Kapérnaüm, ’n stad van Galiléa, en hulle op die sabbat geleer.

32. En hulle was verslae oor sy leer, want sy woord was met gesag.

Lees volledige hoofstuk Lukas 4